INTERPELLASIES

Macassar: storting van rioolvullis

*1.	Mnr A R Winde vra die Minister van Plaaslike Regering:

(1) Watter tussentydse maatrels deur plaaslike regeringsowerhede getref is om die probleem met die storting van rioolvullis op te los wat die Macassar-gemeenskap oor die afgelope jaar geaffekteer het; en

(2) watter planne in plek is om verdere stortings te voorkom ?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Mnr die Speaker, ek reageer graag op die twee vrae soos deur die agb lid mnr Winde gestel.

Die owerheid betrokke by die lewering en suiwering van riool in die Macassar-gebied is die Kaapse Metropolitaanse Raad.

Die volgende interim maatrels is getref om die probleem met die storting van rioolvullis op te los: twee addisionele sentrifugale bystandpompe is vir die gebied gegee; elektrisiteitsopgradering is gedoen; twee kragopwekkers is genstalleer teen 'n koste van R1,8 miljoen; die wal van die Macassar-retensiedam wat gebreek het, is herstel, en die riool word nou na 'n ander dam gepomp; die storting van die riool is in daardie spesifieke gebied opgeruim; en daar is ook reukbeheerapparate by die Macassar-pompstasie genstalleer.

'n Omgewingsforum is gestig en 'n omgewingsimpakstudie is voltooi en aan die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake oorhandig.

Mnr die Speaker, twee addisionele besinkingstenke word beplan by die Zandvliet-rioolsuiweringswerke. Een van die besinkingstenke is reeds operasioneel om die kapasiteitsprobleem by Zandvliet uit te skakel.

Daar vloei tans 60 megaliter rioolvullis per dag na die Zandvliet-rioolsuiweringswerke, alhoewel dit slegs 'n kapasiteit van 40 megaliter per dag kan hanteer. Die sluitontwateringsproses geniet aandag; die inlaatsiwwe is vervang; en die kapasiteit van die biologiese reaktor is verhoog as 'n tussentydse maatrel. Die projek behoort aan die einde Junie voltooi te wees en die totale koste daarvan sal R18,5 miljoen beloop.

Mnr die Speaker, die inlaatsiwwe by die Macassar-rioolsuiweringswerke is vervang; 'n besinkingstenk is opgradeer; en elektriese verbeteringe van R3,5 miljoen word tans aangebring. Hierdie werk behoort teen 30 Junie 2000 voltooi te wees, indien dit nie alreeds voltooi is nie.

Die langtermynplan is om die Zandvliet-rioolsuiweringswerke op te gradeer om 'n addisionele kapasiteit van 35 megaliter per dag te hanteer. Dit sluit ook die konvensionele opgradering van die hele stelsel in.

'n Bedrag van R70 miljoen is oor die volgende twee jaar daarvoor begroot. Ons hoop dat die omgewingsimpakstudie so gou moontlik goedgekeur sal word deur die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake sodat die werk in aanvang kan neem.
Dit sal twee jaar neem om die hele konstruksie te voltooi en hoe gouer ons daardie goedkeuring kry, hoe beter sal dit daar plaasvind.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, ek besef dat daar geen onmiddellike of kitsoplossing vir hierdie probleem is nie. Ek neem kennis van wat die agb Minister van Plaaslike Regering ges het, maar hierdie stortings kan weer voorkom en dit is die mense in die Macassar-omgewing wat daaronder ly. Afgesien van die ongelooflike en ondraaglike stank - en ek het gehoop dat ek 'n emmer van die gestorte rioolvullis vandag na die Huis sou kon bring, maar ek dink nie dat dit te goed sou afloop nie - het die mense in die gemeenskap geweldig onder gesondheidsprobleme gebuk gegaan. Die boerdery- en visserygemeenskappe, wat die steunpilare van die gebied is, word ook bedreig. Die vleilande en die omgewing as geheel het ook skade gely.

Mnr die Speaker, daar is baie beloftes gemaak. Een van die beloftes was dat die Black Mack-pypleiding nie in die toekoms vir omleiding gebruik sal word nie. Watter versekerings en waarborge kan die agb Minister ten opsigte van hierdie beloftes gee? Watter soort rehabilitasie sal op die vleiland toegepas word?

Die kramat van Sjeik Yusuf is in die omgewing gele en ontvang meer as 300 000 besoekers per jaar. Ons kan nie toelaat dat besoekers van hierdie land en ander dele van die wreld aan hierdie onaanvaarbare omstandighede onderwerp word nie.

Die enigste kitsoplossing wat ons tot dusver in die omgewing gesien het, was die oprigting van 'n paar pale rondom die stortingsgebied en lugverfrissers wat aan toue hang wat aan hierdie pale vasgemaak is; dit is nie aanvaarbaar nie, mnr die Speaker.

Die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake het my vandag meegedeel dat die omgewingsimpakstudie na oorleg met die KMR, die gemeenskap en die Departement van Waterwese goedgekeur is, met sekere regulasies.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, 'n mens aanvaar die aankondigings wat vandag deur die agb Minister van Plaaslike Regering gemaak is.

'n Mens moet egter onthou dat hierdie storting in November 1999 voorgekom het. Dit is skokkend dat dit bykans vier maande geduur het voordat ons nou eers 'n verslag hieroor ontvang het.

Mens moet ook in gedagte hou dat die inwoners van Macassar in die verlede baie maal gely het. Macassar het 'n stortingsterrein geword. Ons onthou almal wat tydens die Somchem-ramp gebeur het, toe mense gesterf het. Die mense van Macassar kry weer eens swaar, en nou praat ons oor langtermynoplossings.

Mnr die Speaker, daar moet ook in gedagte gehou word dat dit nie die eerste maal is dat hierdie probleem in die Huis opgehaal is nie. 'n Voormalige lid van die Provinsiale Parlement, mnr Joe Marks, het ook hierdie situasie uitgelig. Destyds is versekerings ook deur die agb Minister van Plaaslike Regering, in sy hoedanigheid as voorsitter van die KMR, gegee, maar sedertdien het niks gebeur nie.

Die blaam is altyd toegeskryf aan verstedeliking en die instroming van mense, en die agb Minister het dit vandag weer ges toe hy na die houvermo van die rioolsuiweringswerke verwys het. Dit is egter nie net die Khayelitshas en die Macassars wat deur hierdie rioolsuiweringswerke bedien word nie; Durbanville en die omliggende gebiede word ook daardeur bedien.

Mnr die Speaker, dit is verskriklik, en dit is aaklig. Daar is mense wat naby en in die omgewing van die rioolwerke woon. Dit is 'n absolute skande as 'n mens sien dat mense in daardie slik moet loop. Hierdie aangeleentheid word jaar na jaar opgehaal; jaar na jaar haal dit die koerante; jaar na jaar kla mense; en jaar na jaar is daar sekere beloftes. Ek sou graag wou h dat ons moet moniteer en let op wat die KMR hieromtrent gaan doen, want tot dusver het hulle nie gedoen wat vir daardie gemeenskap aanvaarbaar is nie.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Mnr die Speaker, die Kaapse Metropolitaanse Raad het hierdie projek in 1997 oorgeneem en onmiddellik begin met interim maatrels. Die projek het R18,5 miljoen beloop, waarvan ons nou die resultate sien.

Dit is heeltemal korrek, daar het probleme ontstaan, en kapasiteit was een van die probleme. In die onlangse geval was probleme met twee pompe en 'n bystandpomp by die Zandvliet-rioolsuiweringswerke ondervind. Die een pomp moes gediens word en die bystandpomp het eenvoudig ingegee toe dit sy werk moes verrig. Daar moet natuurlik addisionele pompe wees en daar is nou vier pompe beskikbaar. As een pomp nou gediens word, is daar drie bystandpompe om probleme te voorkom.

Daar is na die Black Mack-rioolpyp verwys wat vanaf Zandvliet na Macassar loop. Daardie rioolpyp word gebruik om in noodgevalle die riool na Macassar te vervoer. Die kapasiteit is op hierdie stadium by Zandvliet voldoende en ons glo nie dat die Black Mack gebruik gaan word nie.

Mnr die Speaker, ja, daar was nie net in Novembermaand stortings nie; daar was een op 10 Januarie en een op 14 Maart vanjaar. Die grootste storting was op 14 Maart, wat deur 'n pompprobleem veroorsaak is.

Die probleem in die gebied word veroorsaak deur die feit dat daar nie 'n volhoubare elektrisiteitsvoorsiening van Eskom in die gebied is nie. Daar is egter nou twee noodkragopwekkers beskikbaar.

Mnr die Speaker, ek het nog een bekommernis in daardie spesifieke gebied, naamlik die pompstasie by Macassar en die elektrisiteitsvoorsiening. Ek het Eskom persoonlik daaroor aangespreek om 'n noodkragopwekker ook by Macassar te voorsien.

Dit is vir my interessant dat die agb lid mnr Winde vandag 'n aankondiging maak dat die omgewingsimpakstudie nou goedgekeur is - dit was 'n paar uur gelede nog nie goedgekeur nie - en dat hy nou namens die Minister hierdie aankondiging vandag maak. [Tussenwerpsels.] Ek verwelkom natuurlik die goedkeuring daarvan sodat ons vorentoe kan beweeg, maar ek het regtig nie gedink dat dit sy terrein is nie. Hy het seker inligting gehad wat nie tot my beskikking gestel is nie.

Mnr die Speaker, die agb lid mnr McKenzie het verwys na beloftes wat deur die KMR en deur lede gemaak is. Agb lede sal onthou dat die laaste belofte op 1 Desember 1998 in hierdie Huis gemaak is. Die agb lid was heel moontlik die Minister van Plaaslike Regering op daardie stadium! Hy moes daarna gekyk het, want hy weet wat die situasie daar is.
Opgraderingswerk van R18,5 miljoen plus R3,5 miljoen is by Macassar gedoen. 'n Mens kan geen verskoning gee vir die rioolstorting wat daar plaasgevind het nie. Dit is onaangenaam vir die mense, dit is nie reg nie en niemand moet in sulke omstandighede woon nie. Ek het ook die versekering gekry dat die KMR alles in hulle vermo sal doen om dit so gou moontlik vir die gemeenskap reg te stel.
Dit is ook prysenswaardig van die KMR dat sekere lede van die gemeenskap reeds vergoeding ontvang het vir verliese wat hulle gely het. [Tyd verstreke.]

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, ek het eers 15 minute gelede van die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake gehoor van die voltooiing van die omgewingsimpakstudieverslag.

*Me T ESSOP: Dit was 'n DP-koukusbesluit.

*Mnr A R WINDE: Ek het probeer om vir hom spreektyd in hierdie debat te kry, maar dit was ongelukkig nie toegelaat nie.

Mnr die Speaker, die agb Minister van Plaaslike Regering het oor kapasiteit gepraat. Daar is berig dat die kapasiteit soms tot 90 megaliter per dag styg.

Ek sou graag 'n voorstel oor 'n kitsoplossing aan die agb Minister wil maak. Die agb Minister moet teenoor plaaslike regerings en die plaaslike munisipaliteite wat betrokke is by die verskaffing van riool aan hierdie omgewing aan die hand doen dat hulle aan iedere en elke huishouding 'n baksteen gee om in hul spoelbakke te plaas. Sodoende sou dit die waterverbruik verminder met duisende liter wat normaalweg in die stelsel sou invloei. Ek is seker dat dit 'n soort verskil sou maak.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Mnr die Speaker, ek weet nie waar die agb lid mnr Winde daaraan kom dat 90 megaliter per dag kapasiteit in sekere gevalle loop nie. Ons praat van 'n 40 megaliter kapasiteit en dit styg partykeer tot 55 megaliter en selfs 60 megaliter per dag. Daar is nog nooit aangemeld dat dit 90 megaliter in daardie spesifieke gebied is nie.

Ek is jammer om te hoor van 'n kitsoplossing met 'n baksteen in 'n toiletstelsel. Die antwoord l daarin dat die stelsel moet werk en dit moet effektief vir die mense van die gemeenskap werk. Ons moet aanvaar dat die gebied gegroei het; dit het vinniger gegroei as wat die stelsel gegroei het. Dit is korrek; dit is die gemeenskappe van Khayelitsha, Blue Downs, Kuilsrivier, Delft en Eersterivier, en al die riool loop na daardie spesifieke gebied.

Mnr die Speaker, dit is 'n ernstige aanklag teen 'n owerheid as hierdie situasie plaasvind. Ek hoop dat ons in hierdie Huis nie weer hoef op te staan om te s dat rioolstortings plaasgevind het nie, waar die gemeenskap ook al is. Dit is totaal onaanvaarbaar. Ek hoop dat die maatrels wat nou ingestel is nie net interim maatrels vir ons sal gee nie, maar dat dit ook 'n langtermynoplossing vir die probleem sal wees.

Debat afgesluit.

VRAE

Vir mondelinge beantwoording:

Vraag wat oorstaan van Dinsdag, 14 Maart 2000:

Skoolvandalisme

*2.	Mnr D Silke vra die Minister van Onderwys:

(1) Wat die totale beraamde koste vir die Provinsie van skoolvandalisme vir die tydperk Januarie tot Desember 1999 is;

(2) hoeveel skole deur vandalisme geraak is;

(3) hoeveel van die voorvalle tot suksesvolle ondersoeke en inhegtenisname van vandale gelei het?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, ... [Tussenwerpsels.] En natuurlik doen nie een van daardie agb lede dit nie! [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Ek het. Mnr die Speaker, die antwoord op vraag 2(1) val in twee dele.

2.	 (1)	Onkoste behels herstelwerk en voorkoming. Herstelwerk ressorteer onder twee toewysings. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het gedurende die periode Januarie 1999 tot Desember 1999 ongeveer R3,2 miljoen bestee op sy groot nie-geskeduleerde onderhoudsprogram. Die program hanteer vandalisme sowel as belangrike onvoorsiene noodherstelwerk. Ongeveer R500 000 van hierdie geld is bestee op skade veroorsaak deur vandalisme by nagenoeg 110 skole. Die res is bestee op items wat nie direk met vandalisme verband hou nie, byvoorbeeld gebarste ondergrondse pype. 

		Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het ook 'n kleiner nie-geskeduleerde onderhoudsprogram. Die begroting vir die 1999-2000-boekjaar was R17 miljoen. Die befondsing is direk aan skole deurgegee deur middel van oordragbetalings, en die skole het dit bestee op herstelwerk voortspruitend uit vandalisme, sowel as ander noodherstelwerk wat nie met vandalisme verband hou nie. Alle gewone openbare skole en spesiale skole het hierdie oordragbetalings ontvang.

		Herstelwerk as gevolg van vandalisme word dus uit twee begrotingstoewysings gefinansier, een vir groot ongeskeduleerde onderhoud en een vir klein ongeskeduleerde onderhoud, en dit is dikwels baie moeilik om te onderskei presies watter gedeeltes van daardie begrotings direk verband hou met vandalisme-verwante skade.

		Die staatskoolprogram het sowat R11 miljoen aan voorkoming bestee. In 'n poging om vandalisme en geweld by ons skole te voorkom, het ons dit verlede jaar na R15 miljoen verhoog.

(2) Die groot nie-geskeduleerde onderhoudsprogram voorsien in die behoeftes van ongeveer 110 skole, maar talle gevalle van vandalisme word nie gerapporteer nie, aangesien skole geneig is om die fondse vir hul kleiner nie-geskeduleerde fondse te gebruik om geringe skade te herstel. By omtrent al die skole wat ek in die armer gemeenskappe besoek, ontvang ek versoeke rakende diefstal, inbrake of vandalisme, vir bykomende beskerming onder die Veilige Skole-program.

	(3)	Ons het hierdie inligting van die Departement van Gemeenskapsveiligheid aangevra en hoop dat ons dit sal kry. Ongelukkig, en dit is waar, word vandalisme nie as 'n baie ernstige oortreding beskou nie en baie vandale word derhalwe nie aangekeer nie vanwe die misdade wat na die mening van die polisie in baie gemeenskappe van 'n veel ernstiger aard is en die gebrek aan beskikbare hulpbronne om alle verslae oor vandalisme op te volg.

		Die gebrek aan akkurate inligting vanaf skole is ondervang deur die daarstelling van 'n inbelsentrum. Skole sal ingelig word dat alle gevalle van vandalisme, aanranding, diefstal, mishandeling en enige ander kriminele handeling vanaf 1 Julie 2000 by hierdie sentrum gerapporteer moet word. Dit sal ons baie help met ons statistiese inligting. Die nodige infrastruktuur word tans in plek gestel.

Nuwe vrae:

Onderneming oor instelling van GPBs

*1.	Mnr P C McKenzie vra die Premier:

	Of hy tydens die onderhandelings vir die instelling van gemeenskapspolisiringsbeamptes 'n onderneming aan die nasionale Departement van Veiligheid en Sekuriteit gegee het dat hy nie die inskakeling van die gemeenskapspolisiringsbeamptes by die SAPD sal ondersteun nie?

*Die PREMIER:

1.	Na die beste van my wete het ek nooit 'n onderneming gegee wat hierdie vraag betref nie.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek bedank die agb Premier van harte vir daardie antwoord. Daar buite het verskriklike gerugte die rondte daaroor gedoen en ek is bly dat dit uitgeklaar is. [Tussenwerpsels.]

Ek sou die agb Premier graag wou vra of hy sodanige integrasie van die GPBs in die SAPD sou aanvaar. Sou hy iets soos dit ondersteun?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek sou graag 'n bietjie verder wou gaan in my antwoord hierop. My antwoord op die vraag is ja, want 15 van hulle is reeds in die SAPD opgeneem. Ek is egter bekommerd oor die optrede van die agb lid mnr McKenzie deurdat hy vergaderings met die GPBs gehou het. Wat meer ontstellend is, is die feit dat hulle met politieke vrae gebombardeer word wanneer hy daar is, en nie net dit nie, hierdie vergaderings is op amptelike polisiebriefhoofde bel. Dit is verkeerd.

Die agb lid mnr McKenzie was van diegene wat hiermee begin het, maar hy het dit nie voltooi nie. Ons moes deur die hele regsproses gaan om die Sentrale Regeringspolisiring en die skenkers, die borge, die sakelui van Kaapstad sover te kry om dit te doen. [Tussenwerpsels.] Op regsgebied het ek twee jaar lank baklei, en die huidige agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning het daarna die stryd opgeneem, om dit in die stadium te kry waar ons nou is, waar dit aanvaar word en hierdie mense polisiekantore beman waar hulle die werk van die polisie verrig.

Ek wil aan agb lede s dat indien daar politieke inmenging gaan wees, die sakelui van Kaapstad sal onttrek. Ons kan dit nie bekostig nie. Hulle doen baie goeie werk en ek versoek alle betrokkenes om dit nie te verpolitiseer nie. Dit is nie nodig nie. Hulle doen die werk in al die townships. Hulle doen dit in polisiekantore en ons is natuurlik bemoedig ... [Tussenwerpsels.] Ek praat nie met daardie agb lid nie. [Tussenwerpsels.] Hulle sal mettertyd gentegreer word, want ons is besig om hulle op te lei. Dit is die pad wat ons loop. Ek het nie daardie soort ontwrigtende gesindheid nodig nie. [Tussenwerpsels.] Ja, ons sal hulle by die polisie inlyf nadat ons hulle opgelei het. [Tussenwerpsels.]

Grottobaai-ontwikkeling

*2.	Mnr M Ozinsky vra die Premier:

(1) Wat die uitslag is van die ondersoek na die ontwikkeling by Grottobaai, soos wat hy in 'n brief gedateer 23 November 1998 aan 'n sekere persoon, wie se naam vir die doel van sy antwoord aan sy departement verstrek is, belowe het; en

(2) of hy van voorneme is om enige verdere stappe in di verband te doen?

*Die PREMIER:

2.	(1)	Die klaer in hierdie saak was op 30 November 1998 in kennis gestel dat die probleme wat tans op Grottobaai ondervind word, daaraan toegeskryf kan word dat daar nie voldoen is aan die goedkeuringsvoorwaardes wat neergel was tydens die hersoneringsgoedkeuring van die eiendom op 18 Junie 1991 nie. Ingevolge artikel 39(3) van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985), is dit die verantwoordelikheid van die plaaslike owerheid om toe te sien dat daar aan alle hersonering voorwaardes voldoen word. Hierdie Provinsiale Regering het die Weskus Distriksraad op 26 November 1998 versoek om toe te sien dat daar aan die betrokke voorwaardes voldoen word.

		Die klaer was ook meegedeel dat ingevolge, onder andere, Artikel 41(1)(g) van die Grondwet, 1996, een sfeer van regering nie by magte is om met die geografiese, funksionele of institusionele werksaamhede van 'n ander sfeer van regering in te meng nie. Hierdie Provinsiale Regering het egter deurentyd die raad se afdwinging van die goedkeuringsvoorwaardes vir hersonering gemoniteer, en sal voortgaan om dit te doen.

		Die raad was sedert November 1998 aktief betrokke by die afdwinging van die betrokke voorwaardes. Die afdwinging van die voorwaardes is egter redelik gekompliseerd. 'n Hofsaak - wat sedertdien buite die hof geskik is - het byvoorbeeld ontstaan tussen die ontwikkelaars en die raad.

	(2)	Die enigste aksie wat deurlopend deur hierdie Provinsiale Regering uitgevoer word, is om die raad se pogings om die goedkeuringsvoorwaardes af te dwing, te moniteer. In hierdie verband kan genoem word dat beamptes van die Direktoraat: Grondontwikkelingsbestuur op 25 Januarie 2000 'n vergadering by die kantore van die Weskus Distriksraad te Moorreesburg bygewoon het, waar alle relevante rolspelers uitstaande sake bespreek het, insluitende die klaer en regsverteenwoordigers van beide die raad en die ontwikkelaar.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, soos die agb Premier uitgewys het, is dit 'n saak wat al bykans nege jaar aan die gang is, want die oorspronklike soneringsgoedkeuring is op 18 Junie 1991 gegee. My eerste opvolgvraag is om die agb Premier te vra of hy dink dat dit aanvaarbaar is dat belastingbetalers en burgers in hierdie provinsie nege jaar moet wag vir die inwerkingstelling van voorwaardes wat op beplanningsgoedkeurings geplaas word. Is dit die soort diens wat belastingbetalers in hierdie provinsie kan verwag?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, dit is duidelik dat die agb lid nie gehoor het wat ek ges het nie - dat ons nie in enige regeringsfeer inmeng nie. As hy dit gehoor het, sou hy nie daardie vraag aan my gestel het nie. Hy behoort my nie te vra wat na my persoonlike mening aanvaarbaar is of nie. Soos ek aan hom verduidelik het, dit is 'n proses wat deurgegaan is omdat daar 'n regsgeding was. Dit is in die stadium waar stappe gedoen word. As die agb lid enige politieke munt daaruit wil slaan, is hy verkeerd. Hy sal dit nie regkry nie.

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

Die PREMIER: Ek praat nie met daardie agb lid nie. Sy moet praat wanneer daar met haar gepraat word. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ons kom by die kwessie van die rol van die Provinsie met betrekking tot plaaslike regering, wat hier deur die agb Premier opgehaal is. Ek wil die agb Premier daarop wys dat daar 'n ander departement in die Provinsie is wat hierdie aangeleentheid hanteer, naamlik die Departement van Omgewing- en Kultuursake. So onlangs soos 25 Januarie 2000 het hulle nog aan die plaaslike owerhede geskryf oor sake wat hulle nege jaar gelede in hierdie verband moes opgehaal het.

*Die SPEAKER: Orde! Sal die agb lid sy vraag stel?

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, my vraag is dit. Is daar tye wanneer die Provinsie besluit om in plaaslike regering in te meng en ander tye wanneer hy besluit om nie in te meng nie, en wanneer besluit hy om in te meng en wanneer besluit hy om nie in te meng nie?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, as die Grondwet - ek verwys na sowel die nasionale as provinsiale een - van die Provinsie verg om in te meng, sal ons dit natuurlik doen. As aangeleenthede na die Provinsie verwys word, sal ons dit natuurlik hanteer. Ons meng egter nie noodwendig in as ons dit nie werklik moet doen nie. Ons meng nie in as sodanig nie; indien ons kan, sit ons 'n regsproses van die Provinsie se kant aan die gang. Ons probeer om mense tegemoet te kom om die probleme te verlig wat hulle ondervind.

Bomdreigemente

*3.	Mnr D Silke vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning:

(1) Of enige bomdreigemente aan die polisie in die provinsie vir die periode Januarie tot Desember 1999 gerapporteer is; so ja, (a) hoeveel, (b) hoeveel tot arrestasies gelei het, (c) hoeveel aan die einde van die periode onopgelos was en (d) hoeveel tot suksesvolle vervolgings gelei het;

	(2)	of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING:

3.	(1)	Ja.

(a) 796
(b) 23
(c) 745
(d) 11

(2) Ja. Die Departement van Gemeenskapsveiligheid moniteer die noodnommer 10111. Die oorgrote meerderheid bomdreigemente is fopdreigemente wat dikwels deur skoolkinders gemaak word om skoolterreine te probeer ontruim, asook deur baie ander mense wat miskien nie heeltemal by hul sinne is nie. Dit word dikwels van openbare telefoonhokkies gemaak. Die groot aantal fop-oproepe is egter verontrustend, aangesien dit die alreeds uitgedunde menslike hulpbronne van die SAPD verder erodeer. Die tyd wat spandeer word om persele tevergeefs te deursoek, kan baie beter aangewend word en daar word 'n ernstige beroep op die gemeenskap gedoen vir samewerking in hierdie verband.

Polisiebeamptes

*4.	Mnr D Silke vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning:

(1) Hoeveel polisiebeamptes uit die SAPD in die provinsie vir die tydperk Januarie tot Desember 1999 bedank het;

	(2)	hoeveel addisionele polisiebeamptes by die diens, uitgesonderd gemeenskapspolisiringsforums, vir dieselfde tydperk aangesluit het?
*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING:

4.	(1)	Oor die afgelope jaar het 392 die diens verlaat vanwe aftredes, ontslagte weens mediese redes, ontslagte en sterftes.

(2) 111. Dit is ietwat van 'n wanvoorstelling, want die volledige aanvulling van nuwe rekrute na hierdie provinsie beloop inderdaad 118 oor vyf jaar.

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, hierdie syfers is skokkend. Ek wil graag vir die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning vra wat die tekortkominge en uitdagings is. Hoe lyk dit dan nou of ons die werk van die Sentrale Regering moet doen.

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, in antwoord op die agb lid mnr Gelderblom se vraag, die natuurlike uitvloei van polisie uit die diens in die Wes-Kaap beloop tans tussen 40 en 60 lede per maand. Daar moet in ag geneem word dat ons tans 3 500 lede onder sterkte is en dat enige aanvulling, behalwe die baie halfhartige aanvulling van nasionaal, deur gemeenskapspolisie-offisiere gedoen word. Dit is selfs minder as die uitvloei op die oomblik, behalwe die afgelope jaar waar ons die groot poging aanwend. Dit wys vir agb lede dat ons in 'n baie benarde situasie is.

Soorte belasting vir munisipaliteite

*5.	Mnr P C McKenzie vra die Minister van Plaaslike Regering:

(1) Of munisipaliteite verskillende soorte belasting vir die 2000-01-boekjaar vir munisipaliteite sal hef; so nie, waarom nie; so ja, watter verskillende soorte;

(2) of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING:

5. (1)	Ek weet nie wat hulle gaan hef nie. Wat ek wel kan s, is dat ingevolge artikel 10G van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993 (Wet 209 van 1993), het hulle die bevoegdheid om belasting op onroerende eiendom te hef. Ingevolge die munisipale ordonnansie is daar verskeie belastings wat wel gehef kan word, en ek noem enkele van hulle. Die eerste een is 'n algemene belasting; die tweede een is 'n buitengewone belasting wat deur myself in 'n munisipale gebied gehef kan word; die derde een is 'n gesondheidsbelasting; die vierde een is 'n waterbelasting; en die vyfde een is 'n spesiale belasting.

	Die meeste van die munisipaliteite maak net gebruik van 'n algemene belasting in daardie spesifieke munisipale gebied se jurisdiksie. Enkeles maak ook van 'n spesiale belasting gebruik waar daar belasting op parkeergebiede betaal word.

(2) Munisipaliteite besluit self binne die raamwerk en hulle adverteer dit aan die gemeenskap vir besware. Ek kan ongelukkig nie meer op hierdie stadium daaroor s nie.

Eiendomme wat aan die Provinsie behoort

*6.	Mnr L Ramatlakane vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

(1) Of enige eiendomme in die vorm van huise en woonstelle aan die Provinsie behoort; so ja, (a) hoeveel, (b) hoeveel persone in sodanige eiendomme woon, (c) hoeveel elke persoon vir huur betaal;

(2) of enige woonstelle aan die seefront aan die Provinsie behoort; so ja, (a) hoeveel, (b) wie in di woonstelle bly, (c) teen watter huur en (d) wat die besettingsvlak van elke sodanige woonstel is;

(3)	of die departement van plan is om le huise en/of woonstelle te verhuur; so nie, waarom nie?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, as u my sou toelaat om dit te doen voordat ek die vraag beantwoord, wil ek graag s dat ons as Huis die agb lid mnr Silke gelukwens met sy troue Sondag.

*Mnr G R STRACHAN: Dit is sy eerste troue.

*Die MINISTER: Dit is inderdaad sy heel eerste troue, en ek dink die rede vir sy afwesigheid behoort waarlik in die Huis begryp te word.

Die SPEAKER: Orde! As die Minister van Toerisme is die agb Minister baie geskik om die gelukwensing oor te dra.

Die MINISTER: Baie sekerlik. Dankie, mnr die Speaker.

*Om terug te keer na die vraag deur die agb lid mnr Ramatlakane, die antwoord is soos volg:

6.	(1)	Ja. Die Hoofdirektoraat: Eiendomsbestuur het tans die volgende eiendomme onder sy jurisdiksie:

(a) 6 woonstelle en 128 huise.

(b) 130 families.

(c) Tans betaal die meeste persone amptelike tariewe vir kwartiere. Soos agb lede weet, varieer daardie tariewe tussen R60 en hor, afhangende van of hulle pensioentrekkers en dergelike mense. Die proses is egter reeds begin om dit in te faseer na markverwante huurtariewe.

(2) Nee.

	(3)	Ja, behalwe vir twee vakante woonstelle by Provinsiale Parlement- gebou en te Union House wat vir provinsiale doeleindes benodig word.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil 'n opvolgvraag stel. Wat presies is hierdie markverwante huurtarief waarvan die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme gepraat het? Dit was deel van die vraag.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, markverwante huurtariewe word natuurlik nie tans gehef nie. Dit is deel van die probleem. Agb lede sal onthou dat ek dit reeds by verskeie geleenthede in die Huis opgehaal het. Ek is seker dat 'n markverwante huurtarief vir 'n spesifieke huis sou afhang van die ligging daarvan, soos in die mark die geval is. Daar is geen vasgestelde tarief nie, dit kan ek nou s. Die mark is die mark, en dit neig om dit van tyd tot tyd vas te stel. Ek dink dat dit bepaal sal moet word.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil by die agb Minister weet wat die formule is. Is dit aan bedrae gekoppel of nie, en wat is daardie bedrae?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, miskien verstaan die agb lid nie wat die mark is nie. Die mark is 'n plek waar daar aanbod en vraag is, en aanbod en vraag bepaal die tarief. 'n Paar dae gelede was aandele op Nasdaq 25% meer werd as wat hulle vandag is.

*Mnr L RAMATLAKANE: Wat betaal 'n mens in daardie terme?

*Die MINISTER: Hulle betaal die markverwante huurkoers.

*Mnr L RAMATLAKANE: Wat is dit?

*Die MINISTER: Ek weet nie.

*Mnr L RAMATLAKANE: Wat is die bedrag?

'n AGB LID: Dit wissel.

*Die MINISTER: Dit wissel.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, beplan die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme inderdaad om 'n soort beleid hieromtrent te ontwikkel, want ons het pas 'n weerspreking gehoor? Vroer het hy ges dat hulle nie markverwante huurgeld betaal nie, en nou s hy dat hulle markverwante huurtariewe betaal. Hy moet daardie kwessie verduidelik. Wat beplan hy om daar te stel in terme van 'n beleid wat daaraan gekoppel is? Die mark sal natuurlik wissel, maar daar moet die een of ander soort standaard formulegedrewe benadering daartoe wees. Wat is sy planne daaromtrent?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, die agb lid het nie mooi geluister na wat ek ges het nie. Ek het ges dat ons tans nie markverwante huurgeld vra nie. Soos ek in September verlede jaar in my Beleidstoespraak ges het en soos ek vanjaar herhaal het, dit is ons beleid om na 'n markverwante huurneming te beweeg. Markverwante huurnemings verander van plek tot plek, afhangende van wat die huis is. Dan het mens 'n kontrak wat vir 'n tydperk geldig is en wat ingefaseer moet word.

Ja, ons sal 'n beleid hieroor opstel. Die agb lid mnr Strachan sit op die punt van sy bank omdat hy daardie vraag gevra het, wat die volgende een is.

Mnr P J MARAIS: Mnr die Speaker, ek wil aan die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme vra of die woonstelle slegs deur witmense bewoon word, of word dit ook deur bruinmense en swartmense bewoon?

Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, dit word bewoon deur mense van alle kleure in hierdie provinsie.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ...

*Die SPEAKER: Orde! Daar was reeds vier opvolgvrae - twee deur die agb lid mnr Ramatlakane, een deur die agb lid me Essop en die vierde een deur die agb lid mnr Marais - en die Speaker moet na albei kante van die Huis omsien.

Verkoop van provinsiale bates:
Beleidsraamwerk en kriteria 

*7.	Mnr G R Strachan vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

	(1)	Watter vordering met die formulering van 'n beleidsraamwerk en kriteria vir die verkoop van provinsiale bates gemaak is;

	(2)	wanneer die beleid deur die betrokke staande komitee bespreek sal word;
 
(3) of daar 'n rol vir openbare deelname in die finalisering van di beleid sal wees;
	
	(4)	of enige bates tot dusver verkoop is; so ja, (a) hoeveel en (b) hoeveel geld daarmee ingevorder is;

	(5)	of die konsepbeleid met sodanige verkope toegepas is? 

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME:

7.	(1)	Die proses van formulering van 'n beleidsraamwerk vir die eiendomsbestuur van provinsiale bates het reeds 'n aanvang geneem en 'n Kabinetsmemorandum om verdere impetus aan die proses te verleen, dien tans voor die Kabinet.

As 'n terloopse opmerking hieroor kan ek noem dat ons baie voorbereidende werk gedoen het ten opsigte van die bestaande regulerende stelsel wat neig om van departement tot departement te verskil en daar was baie wisselwerking tussen die departemente. Die agb lid mnr Louis praat heeltemal tereg dikwels van die privaatsektor-keuses. Na my mening het ons tot dusver nog nie genoeg stukrag verkry uit die privaatsektor-keuses wat beskikbaar is nie, maar ons is besig om daardie kundigheid in te bring.

(2)	Daar is 'n tydsraamwerk opgestel waarvolgens die proses bestuur sal word. Dit word verwag - en dit sal met die voorsitter van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling ooreengekom word - dat die konsep-Groenskrif gedurende Julie 2000 met die Portefeulje Komitee bespreek sal word. 

(3) Ja. 'n Taakspan en 'n verwysingsgroep bestaande uit amptenare en kundiges in die verskillende dissiplines van eiendomsbestuur uit die privaatsektor, gaan aangestel word om met die taak te help - en vanselfsprekend ook die privaatsektor. Hulle sal met openbare en private rolspelers konsulteer en 'n spesifieke geleentheid vir openbare insette sal gerel word. Die Groenskrif gaan ook vir kommentaar gepubliseer word.

(4)	Ja.

	(a)	7
	(b)	R31 758 095

 (5)	Ja, huidige beleidsriglyne was toegepas met die verkope.

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ek hoop u sal my toelaat om ook van hierdie kant van die Huis ons gelukwense met sy huwelik teenoor die agb lid mnr Silke te betuig. Die agb lid is nie teenwoordig nie, en ons wil die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme versoek om ons gelukwense aan hom oor te dra. Ons hoop dat sy huwelik nie dieselfde effek ten opsigte van deelname sal h as wat dit op 'n agb lid aan hierdie kant van die Huis gehad het nie. [Gelag.]

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: [Onhoorbaar.] ... 'n wantrouevoorstel indien.

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, wat maatstawwe betref, sou die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme aan ons 'n aanduiding kon gee van hoeveel klem op bemagtiging geplaas is ten opsigte van die raamwerk en maatstawwe vir die verkoop van provinsiale bates, asook of bemagtiging toegepas is of nie op enige van die verkope of huurnemings wat tot dusver daargestel is?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek kan nie die laaste vraag beantwoord wat deur die agb lid mnr Strachan gestel is nie. Ek sal dit teen die verkope moet nagaan. Ek kan nie aanspraak maak op gedetailleerde kennis daarvan uit die vuis nie. [Tussenwerpsels.] Miskien sal van my ander kollegas in die Huis wat destyds daar was, meer daarvan weet.

Mnr die Speaker, as ek die agb lid korrek verstaan het, het hy die kwessie van die maatstawwe van bemagtiging ten opsigte van beleidskrywing opgehaal. Ja, maar ons het 'n bietjie meer gedoen. Ons het probeer om die openbare belang so wyd moontlik te omskryf en bemagtiging maak sekerlik deel daarvan uit. Na ons mening maak skadevergoeding ook deel daarvan uit, en openbare grond behoort onder meer gebruik te word vir skadevergoedingsdoeleindes vir onregte wat in die verlede gepleeg is.

Dit is 'n redelike bre omskrywing waarmee die agb lid heeltemal sou kon saamleef en wat hy sou kon ondersteun.

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, het die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme en die departement kontak gemaak met of betrokke geraak by die nasionale grondrestitusieprosesse, of is dit 'n heeltemal afsonderlike proses?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek het nie persoonlik daardie kontak gemaak nie. Daar word aan my ges dat dele van ons departement kontak gemaak het, veral deur tegniese ondersteuning en rugsteuning vir daardie proses te verleen. Ons het tot dusver egter nog nie samespreking uit 'n beleidsgerigte oogpunt gevoer nie en dit kan dalk wenslik wees om sulke samesprekings te voer.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, sou die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme vir ons kon aandui of enige bates onder die beheer van die Departement van Maatskaplike Dienste - weens 'n radio-aankondiging sal agb lede daarvan bewus wees dat ons 'n nuwe Minister van Maatskaplike Dienste het - vir beskikking gedentifiseer? Is daar oor enige bates beskik en hoeveel geld is ingevorder? Kan die agb Minister staatmaak op die nuwe Minister van Maatskaplike Dienste om opbouende samesprekings oor hierdie aangeleentheid met hom te voer?

*Mnr G R STRACHAN: Is daar 'n plan hiervoor?

*Mnr P C MCKENZIE: Het sy 'n sakeplan? [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Het sy 'n sakeplan?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek is seker dat die nuwe agb Minister van Maatskaplike Dienste bereid sou wees om samesprekings in hierdie verband te voer.

*Me T ESSOP: Maar kan sy?

*Die MINISTER: Ja, sy is heeltemal bekwaam.

*Me T ESSOP: Waar is die sakeplan?

*Die MINISTER: Ten tweede is ek nie bewus van eiendomme wat deur die Maatskaplike Dienste-komponent van die hand gesit is nie, maar ek praat weer eens onder korreksie. Die volgende vraag rakende die bedrag wat ingevorder is, val dus weg.

Skole: sluiting en verkoop van roerende eiendom

*8.	Mnr N M Isaacs vra die Minister van Onderwys:

	(1)	Hoeveel skole gedurende die 1998-99-boekjaar gesluit is;

	(2)	wat die modus operandi is met betrekking tot die verkoop van roerende eiendom van sodanige skole;

	(3)	of die tenderproses met betrekking tot die verkoop van die bates van die (a) houtwerkkamers, (b) naaldwerkkamers, (c) rekenaars, (d) tikmasjiene en (e) enige ander bates gevolg is; so nie, watter prosedure gevolg is;

	(4)	of die beheerliggaam binne die grense van die Suid-Afrikaanse Skolewet opgetree het?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS:

8.	(1)	'n Totaal van 55 skole is gesluit.

(2) Roerende eiendom wat deel vorm van die Staat se bates is nie verkoop nie, maar oorgeplaas na die skool waarheen die leerders gegaan het of na behoeftige skole. Ander items was op dieselfde basis hanteer.

(3) Die toepassing van tenderprosedures is nie ter sprake nie, aangesien die bates oorgeplaas is na skole waar dit gebruik kon word.

(4) Ja.

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, kan die agb Minister van Onderwys vir my s wat van 'n sekere skool se trekker geword het, en of daardie trekker ook na 'n ander skool toe oorgedra was?

Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, as die agb lid mnr N M Isaacs vir my kan s watter skool hier betrokke is, sal ek uitvind en die antwoord aan hom verskaf.

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, die skool is in Touwsrivier.

Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, ek sal definitief daarop ingaan.

Verkeersopleidingsentrums

*9.	Dr A E van Zyl vra die Minister van Vervoer en Werke:

	Of daar verkeersopleidingsentrums in die provinsie is; so ja (a) waar hulle gele is en (b) watter resultate by sodanige sentrums behaal word; so nie, of sodanige sentrums by skole gevestig kan word?

Die SPEAKER: Orde! Vraag 9 sal oorstaan. Die agb Minister van Vervoer en Werke se vlug het blykbaar nie betyds van oorsee geland nie.

9. Vraag staan oor.

Grottobaai: omgewingsimpakevaluering

*10.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Omgewing- en Kultuursake:

(1) Of 'n omgewingsimpakevaluering vir die herbou van huise by Grottobaai-strand uitgevoer is;

(2) of die departement enige stappe sal doen om die broeigebied van die Swart Tobie of enige ander aspekte van Grottobaai-strand te beskerm;

(3) of hy 'n verklaring oor die voorkoms van huise op Grottobaai-strand sal doen;

(4) wat die beleid van die departement is ten opsigte van die bestuur van voertuie op strande, soos die strand by Grottobaai?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE:

10.	(1)	Sover ons kennis strek, is geen huise na die promulgering van die GOB Regulasies onder die Wet op Omgewingsbewaring herbou nie. Dit blyk egter wel dat opknappingswerk deurlopend aan die betrokke huise onderneem word. Soos agb lede bewus is, is vereis opknappingswerk nie GOB onder die Regulasies nie.

(2) Die departement het by verskeie geleenthede bevestig - en dit so oorgedra aan die Weskus Distriksraad wat die betrokke gebied bestuur - dat alle aktiwiteite wat op die strand en aanliggende gebiede voorkom en wat negatief op enige sensitiewe biota mag impakteer, en nie net op die Swart Tobie nie, met groot omsigtigheid hanteer moet word, byvoorbeeld in die regulering van 4X4-voertuigtoegang. Die distriksraad is tans in die proses om die netwerk van toegangsroetes te konsolideer en ook om 'n evaluering te onderneem om te besin oor toegang tot moontlike sensitiewe gebiede. Die departement moniteer vordering in di verband. Die hantering van historiese 4X4-gebruikers oor dekades heen skep uiteraard 'n bestuursuitdaging wat nie sonder uitgebreide onderhandelinge en samewerking met relevante plaaslike owerhede aangepak kan word nie. Die departement is egter daartoe verbind om probleemgevalle dienooreenkomstig aan te spreek, soos duidelik bewys in die Kleinrivier-geval te Hermanus.

	(3)	Die hele Grottobaai-strandhuiskwessie is die onderwerp van uitgebreide ondersoeke deur verskeie provinsiale en nasionale departemente. Hierdie Ministerile Kantoor is verantwoordelik vir die administrering van die Strandwet en handhaaf vervolgens 'n streng protokol rondom enige ontwikkeling onder die hoogwatermerk. Weens die feit dat gemelde huise na bewering vr 1935, met die inwerkingtreding van die Strandwet, gebou is, val die wetlike verrekening van die huise se bestaan buite die verantwoordelikheidsfeer van di Ministerie. Die aangeleentheid word tans deur die Weskus Distriksraad, die provinsiale Departement van Plaaslike Bestuur en Behuising en die nasionale Departement van Publieke Werke hanteer. Verdere ondersoeke is aan die gang, en indien inligting na vore sou kom wat die situasie raak, sal die departement sekerlik optree om die omgewing te beskerm waar dit wetlik wenslik is.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek is baie bly dat die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake nie die houding van sy kollega, die agb lid me Versfeld, aangeneem het deur van omstrede sake weg te bly nie.

Ek sou ten eerste graag aan die agb Minister wou vra of hy saamstem met die optrede van die distriksraad wat aan daardie mense, met inbegrip van die agb lid me Versfeld se gesin, sleutels vir die hekke gegee het sodat hulle met hul 4x4-voertuie op die strand kan ry.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, toevallig het my departement inderdaad mre 'n vergadering met die Weskus Distriksraad. Wat my betref, is die inligting wat ek tans tot my beskikking het egter dat toegang vir 4x4-voertuie slegs vir 'n sekere deel van die strand aan inwoners daar gegee is. Die res moet aansoek doen om permitte, wat noukeurig deur die distriksraad gemoniteer word. Ek herhaal wat ek vroer ges het. Indien ons na ondersoek agterkom dat die omgewing beskadig of negatief geraak word, sal ons optree ingevolge artikels 28 en 31 van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Nema).

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, my tweede vraag hou verband met 'n brief wat die departement van die agb Minister aan Grotto Bay Bpk, die Grotto Bay Huiseienaarsvereniging en die Weskus Distriksraad geskryf het. In hierdie brief beweer die departementele amptenaar dat die ontwikkelaar verantwoordelik is vir die rehabilitasie van gebiede waar duineplantegroei deur onbeheerde toegang vernietig of versteur is. Die werklikheid is dat die gesin van die agb lid me Versfeld en ander gesinne wat toegang tot daardie strand het, tot 'n maand gelede, toe die hek by die strand opgerig is, verantwoordelik was vir die vernietiging van die duineplantegroei.

Dink die agb Minister dat derde partye ...

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Van watter partye praat u nou? [Onhoorbaar.] [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning is daar om ondersoek in te stel, en het niks gedoen nie. Miskien sou ek met hierdie agb Minister kon praat. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, my vraag is of die agb Minister van mening is dat waar mense wat huise op die strand het byvoorbeeld die plantegroei vernietig, 'n derde party verantwoordelik behoort te wees vir die rehabilitasie van hul skade, soos deur sy departement aan die hand gedoen.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek is nie seker wat die vraag is nie. [Tussenwerpsels.] Dit het vir my soos 'n verklaring geklink, maar ek stem saam dat wie ook al verantwoordelik is, verplig moet word om te rehabiliteer en vir die rehabilitasie te betaal. Ons kan dit egter eers vasstel as ons ondersoeke afgehandel is.

Debat afgesluit.

VRAE

Aan die Premier sonder kennisgewing:

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier vra hoeveel middagetes, teedrinksessie, vergaderings of enige ander gesprekke hy in die aanloop tot die Abe Williams-saak met Regter-President King gehad het?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek het nie die vraag verstaan nie, maar ek het tydens die Opening van die Parlement, toe hy ons verlede jaar ingesweer het, middagete saam met die Regter-President geniet. Die regter het egter nie eintlik aan my tafel gesit nie. Tot dusver het ek nog nie weer 'n vergadering met hom gehad nie. Dit is nie my gewoonte om teedrinksessies met regters as sodanig te h nie. [Tussenwerpsels.] Ek het nooit middagetes of teedrinksessies met hom gehad nie.

*Mnr L RAMATLAKANE: Of enige ander gesprek?

*Die PREMIER: Nee. Kom ek stel dit vir die agb lid so. As die agb lid se vraag is of ek die Williams-saak met enige regter of enigiemand anders bespreek het, is die antwoord, beslis nie.

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, ons is baie dankbaar dat die Kabinet weer die Weskus besoek. Ek wil graag vir die agb Premier vra wat die doel van hierdie besoek is.

Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek het aan die Huis en die mense daar buite 'n onderneming gegee dat ons die regering na die mense gaan neem, want dit is die uitbreiding van demokrasie. Dit is so beskryf in die Grondwet van die Wes-Kaap en ook in die nasionale Grondwet.

Mnr die Speaker, met die Opening van die Parlement het ek my hand van vriendskap na agb lede aan daardie kant van die Huis uitgesteek en hulle het hul koppe geskud. Wat beteken dit? Ja. Volgens die manier waarop hulle egter nou reageer is ek oortuig dat agb lede aan daardie kant van die Huis nie meer konstruktief is nie maar destruktief. Ons het dit in hul optrede gesien. Hulle weet nie watter boodskap hulle aan die mense uitstuur nie. Hulle s eintlik aan die mense van die Wes-Kaap, "Na die duiwel met julle." Hulle dink nie aan die mense nie, hulle dink die heeltyd net aan hulself. [Tussenwerpsels.]

Meneer, dit werk; ons gaan na die mense. Ons gaan seker vier keer hierdie jaar na die mense. Ek weet dit maak 'n bietjie seer, want ons is deursigtig. [Tussenwerpsels.] Dit is belangrik vir die mense. Die ANC moet maar voortgaan met hul konfrontasie; dit sal hulle nrens bring nie.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier graag vra watter stappe hy in die Provinsie doen om die geweld te beteuel wat ons in die vervoersektor van die provinsie gesien het, veral onder die taxi- en busbestuurders in Khayelitsha.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, in die lig van wat ons nie in nuusbulletins sien nie en die voorstel wat deur my kollega aan daardie kant van die Huis ingedien is, wat daarop neerkom dat ons nie betrokke was nie, wil ek s dat ons oor die afgelope vier jaar voortdurend betrokke was deur middel van die taxi-taakspan. Hulle het weer vanoggend vergader. Ons kry goed gedoen deur dit nie te verpolitiseer nie. Om die waarheid te s, ons kry baie meer gedoen as wat deur die ander kant van die Huis gedoen word.

Ek het nie by die vergadering vanoggend 'n verslag van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning ontvang nie. Ek dink dat ons in die spoor van die Noordelike Provinsie en Mpumalanga moet volg. Ek verstaan dat hulle sekere wetgewing daargestel het. Ek is meegedeel dat die agb Minister van Vervoer en Werke bewus is van die konsep wat daarby betrokke is, sodat ons inderdaad aan die polisie meer bevoegdhede kan gee om op te tree.

Ons is baie bekommerd. Ek wil agb lede daarvan verseker dat ons alles doen wat ons kan doen. Soos hulle sal onthou, die agb Minister en die Provinsie beskik oor moniterings- en toesighoudende bevoegdhede wat hulle baie goed gebruik. Ons bring dit onder die aandag van die SAPD en die SANW.

*Mnr E ISAACS: Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier graag vra of hy die Huis kan inlig oor die vordering wat gemaak is ten opsigte van die adviserende paneel oor die Wes-Kaapse Wet op Eerbewyse.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, dit is ten minste 'n lekker, aangename vraag! Dit is vir my aangenaam om verslag te doen dat ons uiteindelik iemand het om as voorsitter van die paneel op te tree. Hy is 'n waarnemende regter, wat dalk 'n regter kan word. Die paneel is saamgestel nadat ons kennis geneem het van al die name wat deur agb lede ingestuur is. Ons hoop dat dit binnekort in die Staatskoerant sal verskyn sodat ons kan uitgaan en na die aansoeke kan kyk. Ek glo dat dit tyd geword het om hierdie wonderlike toekennings te maak, selfs postuum, aan die mense wat die provinsie gedien het.

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, my vraag gaan oor die kwessie van werkpermitte. Ek weet dat dit 'n nasionale bevoegdheid is, maar ek dink dat dit 'n kernbelangrike vraagstuk is omdat 1 000 permitte by die Departement van Binnelandse Sake tans deur die nasionale Minister van Binnelandse Sake afgehandel moet word. Vir elke 1 000 permitte wat daar is, is daar 10 werkgeleenthede. Dit beteken dat daar 10 000 mense is wat vir werk wag. Ek is bewus van die agb Premier se gevoel oor ekonomiese bemagtiging.

My vraag is tweeledig: wat is die agb Premier se gevoel oor die vertraging en die vermo by die Departement van Binnelandse Sake om hierdie permitte te verwerk en, ten tweede, wat gaan hy vir die mense van die Wes-Kaap daaromtrent doen?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, om die eerste deel van die vraag te beantwoord, ek dink dat dit skokkend is. Dit is 'n onbekwame regering wat kan toelaat dat hierdie soort ding gebeur. Ons soek na beleggings in hierdie provinsie en in hierdie land, maar ons laat nie die mense met die kundigheid en die geld toe om die land binne te kom nie.

Om die tweede deel van die vraag te beantwoord, ek het reeds iets daaromtrent gedoen. Tydens 'n vergadering wat President Thabo Mbeki, die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme en die Direkteur-generaal was dit een van die sake wat ons op die tafel geplaas het. Die President het self aan ons ges dat hy baie bekommerd was. Ek moet s dat hy wel opgetree het toe dit by die situasie van die een firma, ek dink dit was Novell Spinners in Atlantis, gekom het. Hulle het onmiddellik opgetree en iets is daaromtrent gedoen. Dit is egter 'n eenmalige voorval. Daar is 1 000 van hulle, soos die agb lid ges het.

Die effek is dat internasionale beleggers nou agteroor sit en s dat hulle hul kundigheid en geld na die provinsie sal bring, maar as die Regering nie bereid is om hulle te help nie, is hulle nie bereid om te kom nie.

*Me T ESSOP: Dit is die amptenare van die Departement van Binnelandse Sake.

*Die PREMIER: Of dit die amptenare van die Departement van Binnelandse Sake is of nie, dit is daardie agb lid se Regering wat onbekwaam is.

*Me T ESSOP: Dit is die amptenare. Hulle is die ou fossiele! Dit is die amptenare van die Departement van Binnelandse Sake.

*Die PREMIER: Miskien kan agb lede iets daaromtrent doen vir die mense van die Wes-Kaap. [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Dit is die ou amptenare. Daardie fossiele. [Tussenwerpsels.] Dit is daardie ou dinosourusse! [Tussenwerpsels.] Ou Broederbond-amptenare.

*Die PREMIER: Wat ons betref, ons sal aanhou om druk uit te oefen, want hierdie Provinsie is baie trots daarop dat hulle pas die toekenning gewen het as die Provinsie wat die meeste omtrent werkloosheid gedoen het. Dit is ons pogings om dit selfs beter te kry. [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Praat van die ou ...

Die SPEAKER: Orde! Orde!

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, dink die agb Premier dit is moontlik dat die Huis hom kan versoek om 'n vorderingsverslag van die Departement van Binnelandse Sake te verkry oor die 1 000 onafgehandelde gevalle? Ek respekteer hom omdat hy die President gespreek het, maar miskien moet die Departement van Binnelandse Sake aan die Provinsie rekenskap gee van wat hulle doen om daardie 1 000 aansoeke te verwerk.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek sal dit graag doen en aan die agb lid mnr Louis 'n afskrif van die verslag stuur wanneer ek dit ontvang.

Debat afgesluit.


292	DINSDAG, 18 APRIL 2000



	DINSDAG, 18 APRIL 2000	291



272	DINSDAG, 18 APRIL 2000


